- Home
- About
- Structure
- Organisations
- AMIE | Association of Meat Importers and Exporters
- GMTEU | Gauteng Meat Traders Employees Union
- NERPO | National Emergent Red Meat Producers Organisation
- NFMT | National Federation of Meat Traders
- RMAA | Red Meat Abattoir Association
- RMRD SA |Red Meat Research and Development South Africa
- RPO | Red Meat Producers' Organisation
- SAFA | South African Feedlot Association
- SAFLA | South African Federation of Livestock Agents
- SAMPA | South African Meat Processors Association
- SANCU | South African National Consumers Union
- SAPPO | South African Pork Producers Organisation
- SHALC | Skin, Hides and Leather Council
- News
- Gallery
- Promotions
- Market Indicators
- Contact Us
Veeboere by kruispad
Content:
SKAAPBOERE het op die vooraand van ’n kabinetskomiteevergadering oormôre om te besluit oor die N$40-heffingsvoorstel in die plek van die 6:1-uitvoerreëling, ’n dringende byeenkoms op Keetmanshoop gehou nadat ’n brief uitgelek het waarin Brukkaros Meat Processors (BMP) die Kabinet versoek om dié voorstel van die tafel te vee en lewendige skaapuitvoere te verbied.
In die brief draai dié uitvoerabattoir by Keetmanshoop dus sy rug op skaapboere en die res van die kleinveebedryf deur die gesamentlike ooreenkoms wat in Februarie 2009 geneem is, te verwerp.
BMP het op dié geskiedkundige vergadering verlede jaar saam met die ander uitvoerabattoirs en skaapprodusente die voorstel aanvaar nadat besluit is om die uitvoerheffing as alternatief tot die huidige kleinveebemarkingskema met sy 6:1-uitvoerbeperking te implementeer.
In die gewraakte brief wat aan Minister Saara Kuugongelwa- Amadhila van Finansies gerig is, sê BMP hy is van mening dat die Kabinet beswaar moet maak teen die heffingsvoorstel en die grens permanent vir alle lewendige skaapuitvoere moet sluit.
BMP vra voorts dat die kleinveebemarkingskema in sy huidige formaat ook laat vaar word sodat boere geen ander keuse het nie as om al hul diere binnelands te laat slag.
Dr. Kabols le Riche van Just Lamb in Suid-Afrika en die Frans Indongo groep van maatskappye besit die beherende aandeel in BMP. In hierdie stadium beloop die prysverskil op topgrade tussen die plaaslike abattoirs en dié in Suid- Afrika reeds soveel as N$6 per kilogram.
Namibië se skaapboere het in 2003 tot die implementering van die omstrede kleinveebemarkingskema ingestem op voorwaarde dat die prysverskil tussen Namibië en Suid-Afrika nie meer as N$1,50 per kilogram sal wees nie. Behalwe dat die prysverskil gaandeweg al groter geword het, is die uitvoerreëling mettertyd aangepas van 1:1 na 6:1. Dit beteken waar boere vroeër die helfte van hul bemarkbare skape kon uitvoer, moet hulle nou ses plaaslik laat slag voordat hulle toegelaat word om een lewendig uit te voer.
Mnr. JC de Klerk, Keetmanshoop se streeksverteenwoordiger op die uitvoerende raad van die Namibiese Landbou-unie (NLU), sê die brief is ’n groot teleurstelling vir skaapboere wat al hul hoop geplaas het op die spoedige implementering van die Februarie 2009-voorstel.
“Dit wys vir ons op die integriteit van die mense met wie ons onderhandel het in ’n poging om die beste oplossing vir die totale bedryf te vind.”
Hy sê dit is na dese vir produsente duidelik hulle kan geen genade van die uitvoerabattoirs verwag nie.
Intussen raak Suid-Afrikaanse skaapboere ook by die dag meer ongelukkig oor die negatiewe uitwerking wat die Namibiese skema op die produsenteprys in die buurland het.
Prof. Johan Willemse, landbouekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, sê die kleinveebemarkingskema druis in teen die gees van vrye handel in die streek.
“Die uitvoerbeperking moes die vermoë van die Namibiese abattoirs uitbou en werkgeleenthede beskerm. Ongelukkig het dit onbedoelde negatiewe gevolge vir produsente in Suid-Afrika en Namibië gehad. Dit het ’n prysleemte tussen die twee lande se skaapvleis geskep.
“Die volumes vloei nie egalig nie. Geslagte en bevrore Namibiese vleis beland in sekere tye in groot maat in die Suid-Afrikaanse mark en veroorsaak groot ontwrigting in veral die Noord- en die Wes-Kaap asook Gauteng,” sê prof. Willemse. Suid-Afrikaanse produsente kla hul insetkoste is te hoog en hulle kan nie meeding met die laer prys van die Namibiese produk nie.
Baie boere sê hulle staar ondergang in die gesig. Namibiese skaapboere kan eweneens nie kop bo water hou met die heelwat laer prys wat hulle binnelands verdien nie. Hulle voer aan produsente het sedert die inwerkingtreding van die kleinveebemarkingskema reeds digby die N$900 miljoen verloor.
Mnr. Kai-Dieter Rumpf, voorsitter van die Lewendehaweprodusenteorganisasie (LPO), sê die Lewendehaweprodusenteforum (LPF) vergader Woensdag in Windhoek onder voorsitterskap van mnr. Pentile Davids (NNFU-president) om skaapboere se opsies in die lig van BMP se brief te bespreek.
Die LPO is ’n organisasie binne die NLU terwyl die LPF ’n breër produsenteforum is met die unies vir kommunale boere en ontluikende kommersiële boere ook as lede.
Heinrich Stevens
Group Company Secretary
Tel: 012-3462160
Fax: 012-4608803
www.nmigroup.co.za
In order to contact Tip-Offs regarding any theft, corruption, dishonesty and fraud directly related to the NMI Group of companies please usenamib@tip-offs.com
